james marx - poetry

what I write is fiction, what you read in it is the truth.

 

poetry

haiku

short stories

about

 

Hy Sit Alleen

 

Hy sit alleen by die bar,

Die bier bottel weerkaats

Trane in sy oë,

Verlange en vrees.

Drink is makliker as slaap,

Die geraas rondom

Beter as die stilte

Van 'n alleen bed,

Lee hande wat vat,

Na lug klou

Waar iemand voorheen was.

Hy verlang na die

Hitte van 'n lyf,

Wat langsaan lê,

Die warmte van vashou.

Gesprekke in die aand,

En oggend wakker word,

Sonder koue voete,

En koffie self maak.

Die smile van hallo,

Reuk van sweet,

Vel, en dye van plesier.

Hy sit alleen by die bar,

Hy drink sy bier.

 

 

copyright JD Marx 2012